jy kriewel op die lakens waar my
warm lyf ‘n oomblik terug gelê het
jou angel krul
soek soek na
iets om met weerwil te verkwik
met jou gif
maar ek is nie meer daar nie
jou knypers maak oop en toe
soek soek na
iets om vastevat met die verdeflikheid
van jou beheer
jare het ek ‘n bed met jou gedeel
en elke aand het jy
my rugstring
vol gif gespuit
my oë uitgekrap
dalk was dit die rooi wyn
dalk die laaste venynige knyp
ek is nie meer daar nie
Comments
vrywees van bederf
vrywees om te sê
EK IS