Ek is ‘n soldaatjie vir Jesus

Die evangelie is vandag aan my verkondig.
Ek werk mos daar agter die borewors gordyn in die noordelike voorstede van Kaapstad. En ek onthou dat ek nie kon glo dat sulke plekke nog bestaan nie, die eerste dag wat ek daar inloop en mense my vra of ek getroud is. Ek kon nie glo dat daar nog mense is wat dink soos my grootouers nie. Ek dink nie ek kon meer verbaas gewees het as ek in ‘n mormoon kolonie ingeloop het nie. ‘n Jaar is al wat dit gevat het om my te laat vergeet van my initial shock dat ek sommer ja gese het toe Oom Paul my vanmiddag email en vra of hy dalk ‘n gesprek met my in die Space Ship (die meeting room se naam – so incredibly ironies) kan hê.

Ek sit nou hier by die huis half histeries na daardie gesprek en rook sigarette en drink wyn en hoop dat hierdie sondes waarteen hy so gepreek het vir ‘n uur en ‘n half my dalk die genade en redding kan bied wat die evangelie nooit kon nie.

Jesus is die enigste pad. Het hy vertel. Gay mense is verkeerd het hy gesê. Die Woord is die enigste manier, het hy gepreek vanaf sy corporate preekstoel. Ek het nooit gedink dat ek weer sigaret-as op my keybord sal mors nie. Dis die duiwel se skuld.

Jirre God help my dat ek nooit so word nie. Dat ek nooit sulke tonnel visie sal erfaar nie. Dat ek nooit myself in een sin completely contradict in die enlightenment van my conviction nie.

Dink jy jy gaan hemel toe het hy gevra. Ek gaan na ‘n goeie plek toe het ek geantwoord. Hoekom het hy gevra. Want ek probeer my bes het ek geantwoord. Dis nie genoeg nie het hy gesê, net God en sy Genade, net HY kan jou daar kry as jy in hom glo want hy is liefde en genade en regverdigheid en nogmaals ja, gaywees is verkeerd. Daar is net genade vir sommigis. Ons kom in sonde, ons is verkeerd, ons is lelik voor god se oë, ons is sleg, net deur Jesus kan ons goed wees, kan ons mooi wees, kan ons reg wees en as jy nie daarin glo nie gaan jy hel toe. As jy net drie keer ‘n dag sondig is dit 54 000 sondes ‘n jaar het hy my gesê. Jesus kan dit wegneem het hy my verseker. Jy kan guilt-free lewe het het my eerlik waar vertel. Jy kan die ewige lewe hê, jy kan die Hel vermy. Al wat jy moet doen is om elke dag te stry teen jou sondes (waste fokken sondes?) en al die sondes wat jy nogsteeds gaan hê vir Jesus gee. Hy sal dit in die diepwater (my onderbewussein) gooi en jy kan daarvan vergeet. Want jou vlees is sonde. Jy is in sonde gebore. My kind jy is sleg en selfs jou goeie dade is soos vodde voor god.

Eventually het ek opgegee en gesê ek verkies om hel toe te gaan saam my gay vriende dankie.

Cruel cruel God. En die ergste is dat ek met hierdie stuff geprogrameer is en ek weet dit sit iewers en wegkruip in my kop. In my cognitive structures. Is ook soveel keer vir my vertel deur my liewe liewe (regitg) oupa en sy naam is ook Paul. En ons was nog Doppers boënop. My liewe ouma het vir my vertel hoe verkeerd dans is en ek het gese dat Jesus ook gedans het en sy het dit beam maar gese dit was darem nie met ‘n vroumens nie. Die mees skrikwekkende is dat daar nog soveel vlakke is waarin ek dit ook nog alles glo. Hoekom anders het ek dan as ‘n goeie christen meisie vir ‘n uur en ‘n half daar gesit en na hom geluister? Gedwee en stil? Want ek wil tog ook goed wees in die oë van die Here.

God help my dat ek hierdie duiwel uit my bors uit loskryf en die die dwaal wat voor my oë en my logika in my diepste ondereste water in gepreek is uit kry op hier die wit skerm op my laptop.

Gee my die krag om in jou te glo as liefde en as joy. Gee my die krag dat ek kan opstaan uit society se logical fallicy en jou kan sien as my verlosser van die Kerk.

Help my om te vergeet van die Hel. Gee my die courage dat ek kan glo dat ek goed is en dat as jy ooit na my kyk dat jy na my kyk as ek slaap en dink ek is fabulous.

Laat die Heilige Gees my binne kom en my wys hoe om joy uit sex en dans en liefde en vrouwees te kry. Laat die Hielige Gees kom om my te verseker dat jy ook female is en actually nie ‘n fok omgee hoeveeel glase wyn ek drink nie. Vul my met die liefde van bo wat my laat onthou dat jy ook ‘n humanist is.

Jirre – gee my krag.

Amen.

Comments

Anonymous said…
I keep running into the dilemma that tolerance faces when it comes across the intolerant. Do you tolerate it? No, I say, but then, by opposing it, I find bigotry and rigidity creeping into me. Darn these fundaments, darn them to heck.
Do Kwang said…
hmn, dis baie interessant, maar ek probeer nou imagine hoe swaar moes dit vir daai oompie gewees het. Hy glo obviously hy moet jou oortuig om presies te glo wat hy glo, want anders gaan jy vir ewig in 'n vuur brand en deur wurms gekners word. En hy sou ook nie 'n nice ou gewees het as hy jou sommer so in 'n vuur laat brand en deur wurms laat vreet het nie. So nou is hy vir ewig in 'n limbo waar hy of mense moet afpis, of hulle hel toe moet laat gaan. Wat staan 'n oompie te doen?
Anonymous said…
Let's hope Jesus has more important things to do than strike down arrogant and narrow-minded people, because if that's the case, then a lot of us aren't going to make it home today.
dorothy said…
'anonymous' - who exactly are your comments directed at?
Anonymous said…
wel Jesus is die enigste manier oom paul is reg in daai opsig ma sy manier hoe hy oorkom is dalk effe eil en die feit dat jy dalk a rebel streak in jou het irriteer hy jou ma glo my God is soveel meer as wat enige mens jou kan try oortuig ja shure hulle kan try ma op die ou einde is dit jy en Hy jy gaan jou kniegie eendag buig en praat oor jou lewe so lewe jou lewe en wees real soos wat jy nou is dis wonderlik ma moenie dat ander mense jou lewe beinvloed oor hulle siening van God nie kry jou eie siening en live life kots dis al wat ons het en dis nou en whatever else.