'n Troue

Dit was regitg met ‘n hol kol op my maag wat ek Langebaan toe gery het vir Dawid en Lisa se troue. Nie juis oor die troue self nie, hulle is ‘n pratige paartjie en ek weet hoe lank hierdie nou al in die pyplyn is.

“Hoe kan jy nie ‘n date hê nie?” het Lordfoom vroeër die week gevra.
“Wie moet ek vra?” Steeds in denial dat Saterdag twee dae weg is.
“Het jy enigsins probeer om iemand te vind om te vra?”
“Nee”
“Wil jy nie saam met my kom nie? Dan kan ek my once-removed-ex na my twice- removed-ex se troue to neem.” Het ek amper gesê. Maar Lordfoom het ‘n honey, so ek het my tong gebyt.

Note to self: Moet minder ex-kerels hê en meer kerels kry.

So toe gaan ek alleen. En verdwaal. Hoe verdwaal mens na Langebaan toe? Met ‘n kaart? Maar ja, ek was net-net betyds om die bruid te sien strand afloop waar sy en Dawid liefde aan mekaar vir ewig verklaar het in die lig van een van daai sonsondergange waarvan fotograwe droom.

Dit was pragtig. Lisa was pragtig. Die sonsondergang preek was pragtig. Lisa wat die roosblare uit haar cleavage uitgooi waar ons dit ingegooi het, was pragtig. Dawid in sy wit Jon Johnson pak was pragitg. Die bellydancer met Lisa wat later saam dans was pragtig. Kos was lekker, en die geselskap was, bo alle verwagtigne, lekker en snaaks.

Daar was ‘n maaltyd van omtrent tien geregte. Kreef laaste – toe almal dik gevreet is. Gelukkig het ek geweet van hierdie fnuikery van die Strandloper en het my self gespaar. Soos ‘n bruid, vir haar huweliks nag.

Dit was ook ‘n vol aand. En nie net vol kos nie. Vol dinge en my verlede se dinge en mense wat nuwe dinge wil aanknoop. Ek sal hulle een vir een te vertel.

Lisa se beste vriendin en strooimeisie draai toe uit om die klien sussie te wees van die outjie op wie ek die grootste en die langste crush in standard vier en vyf gehad het. En sy onhou my. Blush. Ek sal hom regitig nooit vergeet nie. Al het ek hom ‘n paar jaar terug in Melville raakgeloop en sy appelwangetjies het skoon verdwyn.

Ek het geweet daar gaan mense wees wat ek ken. En mee vriende was eens op ‘n tyd lank lank gelede in ‘n deel van my lewe wat vandag soos ‘n droom voel. Of soos ‘n dwelm waas voel. Ek het ook geweet dat die laaste keer wat ek een van hulle gesien het was toe ons mekaar met koppies in die gang van ons huis gegooi het want ons was so kwaad. Ja, my verlede en my verlede se dinge.

“So… jys toe die enigste ex wat dit tot op die guest list gemaak het?” gooi die koppie-gooi- vriend sy mof gif na my toe. Ek was reg hiervoor. Ek het ‘n twee ure lank in die kar spandeer en gedink wat hy possibly vir my gaan sê.

“Wel, ek voel lankal nie meer soos ‘n ex nie. Hulle is my vriende en hulle is vir my kosbaar, ek is bly om hierdie saam met hulle te kan vier.” Was ‘n brijante oomblik, al moet ek dit self sê. En dis nog die waarheid ook.

Die res van die aand was lekker en snaaks saam met die koppie-gooi-vriend. Hy kom moreaand vir ete.

Note to self: Koop rotgif.

Vroeër die aand het ek ‘n wipstert miesie voor my op ‘n klip sien sit op die strand met ‘n ponie stert vol bruin krul hare en so stoute glimlag en ek het geweet ek het daai prentjie al van te vore gesien. Iewers tussen die eerste voorgereg en die derde hoofgereg het ek onthou. Ek moes weer bloos.

Omtrent hierdie tyd verlede jaar het ek my tone die waters van gaydargirls gaan sit. Miskien wou ek vis vang, maar ek dink ek wou eers net voel hoe warm die water is. Heel vinnig was my inbox vol, want die kaap is klein en hoeveel gay meisies kan daar wees? Daarby, eks ‘n nuwe gesiggie. Gou word daar msn details uitgruil en ek begin met ‘n baie jong meisie (Kurley) chat wat aandring om te ontmoet oor ‘n drankie. Dit was weer ‘n week waarin ek ‘n deadline gejaag het, net donderdagaand het gelyk soos ‘n moontlikheid. Ons stel dit toe vas. By Rafiki’s, sewe uur. Teselftetyd was ek besig om navrae oor drankies met ‘n ander meisie (Swisspunk) te doen. Wat toe ja sê. En ek het net donderdagaand oop. Wat ek toe vas stel.

Daar is regtig geen manier dat ek kon geweet het dat die twee viendinne is en ook nog in mekaar se intime geselskap is terwyl ek besig is om afsprake te juggle nie. Swisspunk wil toe weet of ek dan nie ‘n afspraak met Kurley het nie, waar ek probeer verduidelik dat ek eintlik in haar belangstel, en die ander wou kanseleer, en en en.

Op die ou einde het ek met hulle alby gaan drankies drink waar ek in die moeilikheid was met die hele spul kwetterende lesbene wat saam met hulle aan die tafel gesit het en hulle probeer beskerm het teen die two-timing-double-dating-ek. Hierdie storie eindig nie daar nie, die vriend wat my begelei het na die lebeen fees, het daai aand in die tronk beland vir dronk bestuur. Niemand het lekker geslaap nie.

Om terug te kom by die punt, die wipstert meisie op die troue is die ene Kurley. Sy was nie uitgelate om my te sien nie.

Note to self: Die kaap is kleiner as wat hulle sê

Verder was daar ‘n galante kerel wat medelye geneem het met my wat nie ‘n pakkie heuningkoek kon oopkry nie en die koppie-gooi-vriend veeslik pret te gee deur my skaam te maak terwyl hy my probeer mak maak. Gelukkig het koppie-gooi-vriend nie my tellefoon nommer nie, vir redes wat ek reeds verduidelik het, anders het die galante kerel my dalk net mak gekry.

Note to self: Maak baie straight single male vriende vir die doel van troues en ander potensiele funksies.

Eintlik, was dit toe alles pret. Ek is daar weg met ‘n vuis vol proteas en ‘n palm gesmeer met heuningkoek.

Comments

Adam said…
Ek kan nie besluit of dit 'n sad of happy post is nie... Klink darem of jy wel 'n goeie aand gehad het.
Anonymous said…
die Strandloper is sweerlik die mees ideale trouplek: plat-op-die-aarde, fantastiese kos, reg langs die see, ontspanne...
Anonymous said…
Weddings, like so much else in life is a question of taste, ending with one palm full off sugary goodness and a bunch of S.A. representatives in the other seems to imply a certain inherrent? sucsess!! Go Dai, live it -
E
Anonymous said…
Eks jammer oor Dhali, hy sal terugkom...
dai said…
adam - ek weet self nie of dit 'n happy of sad post is nie. maar dit was lekker om te skryf :-) die troue was 'n happy geleentlheid - sommige van die dinge rondom dit was baie sad - dis seker die confusion.