Dis die eerste keer in twee jaar wat ek oor die Mandela brug gery het in die hart van Jozi in. Die hoë geboue en die vibe wat vir my altyd baie Afrika was, het my net so gelukkig gemaak soos destyds terwyl ek daar gewoon het en sondae middae reg in die middel van die stad onder die concrete sky gaan dans het by ESP. Ek was ontrent in standard twee toe my pa se broer nog by ABSA gewerk in daai hoë gebou in die stad. Ek en my boetie, het vir hom gaan kuier in sy kantoor op ‘n vloer iewers in die lug toring. “Sien jy daai gebou?” het hy gevra en na die Carlton center gewys. Ek het darem al iets van Johannesburg geweet al het ons op daai stadium in Secunda onder die petrol koel torings gebly. So ek kon heel opewonde vertel dat ek wel weet watter gebou dit is en aan las dat ek ook weet dat dit die hoogste gebou in die land is. Dit was toe nog. Ek dink die Ponti is nou die hoogste en ek hoor mense gebruik daai hoogte vir verskillende redes…. Vodacom advertensies, selfmoord, ensovoorts.
“Weet jy hoeveel vloere die Carlton center het?” was die tweede vraag. Dit kon ek nie atwoord nie. “Wat is jou gunsteling sjokolade slab?” was die derde vraag wat ek natuurlik dadelik kon antwoord. “Daai swart en wit een”. “Nou goed dan, ek maak ‘n deal met jou” sê my Oom en kyk my vol in die gesig. Hy het so manier gehad om dit te doen. “As jy die Carton se verdiepings almal kan tel en vir my kan sê hoeveel daar is, koop ek vir jou, jou eie swart en wit slab”. Ek het getel en getel. Dit was al donker en winter, maar ek kon wel die verdiepings sien omdat daar sement leisels onder elke verdieping is en dit is wat ek getel het. Agt en veertig was my uiteindelike antwoord. “Dis naby genoeg. Daar is eintlik vyftig. Kom ons gaan huis toe en koop daai slab oppad”.
Jare later het ek in Johannesburg geleef, gewerk en partytjie gehou. Vandag was ek vir die eerste keer weer daar vir besigheid uit Kaapstad. Die lug is bruin en droog en my lippe wil, wil bars. Dit was koud in die aand en ek het nie heeltemal so lekker asem gehaal nie. Daar was vreeslik baie verkeer.
Ons het vanmiddag deur die middel van die hart gery om die ergste verkeer te mis in die jaag vir die lughawe. Ek het op die punt van my sitplek gesit sodat ek weer kon op, op kyk na die geboue en die mense en die karre en die winkels op die strate soos toe ek klein was en toe ek so terug kyk en die Hillbrow toring sien en die Ponti en die son wat tussen die twee sak, het ek onthou dat ek Jo’burg tog maar vreeslik lief het. Al vertel ek graag meestal ‘n ander storie.
Comments
You are indeed right about the winter - and then there is all the grass burning - making everything look black along the highways.
Oh and about the Ponte Building - check out a book called "Ponte City" written by Norman Ohler - each chapter gets a floor in THAT building.