Daar was twee engele op die begrafnis. In die form van twee chittering ou tannies wat saam met Nenna in die tehuis was.Hulle het van iewers af veskyn en hulle het net so weer verdwyn. Ons weet hoe hulle daar aangekom het nie en ook nie hoe of wanneer hulle daar weg is nie.
Hulle was vriendelik en lief en het elkeen van ons se name geken. Daar aangekom en gegroet. Na die kis gesak het en die dominee die psalm gelees het het hulle opgewek na elkeen van ons geloop.
My op die naam genoem, in die oe gekyk, my hand vasgehou en gese: Sy was so bly die laaste keer toe jy kom kuier het. Onthou jy? Sy kon nie uitgeprat raak nie. Dit het vir haar soveel beteken.
Vir elkeen van ons het hulle 'n boodskap gehad. Net voor hulle verdwyn het, het hulle gese: Sy was wonderlik, ons het al haar stories geken. Ons het soveel van haar geleer.
Ek voel ook so Ouma.
Comments
Dids*