Al Amper 4 Dae


Ek rook al omtrent 10 jaar. Verlede jaar het ek opgehou. Dit was fantasties. Maart maand hierdie jaar het die monster in my maag my dronk genoeg gekry om my te oortuig dat ek net 1 sigarette wil rook. Almal weet daar is nie so iets soos 1 sigarette nie. Almal behalwe ek.

Ek swoeg weereens vir die "NON Smoker" medalje.

Comments

dorothy said…
hear hear!! i'm of the opinion that smokers never really become non-smokers - otherwise we'd never buckle at that terrible 'just one cigarette lie'. argh.
PienkZuit said…
So dis soos alkoholisme? Maak nogal sin in 'n mate dan.
dai said…
dis nes alkoholisme..... :-(
Do Kwang said…
Dis erger as alkoholisme.
D, wanneer het jy opgehou? Ek het Saterdag weer opgehou, so dalk het ons op dieselfde dag opgehou en dan kan ons 'n smokers anonymous begin??
dai said…
ek het maandag opgehou.... hoe gaan dit met jou nie-rook? dit gaan maar swaar hier... en ek het vandag geknak... ek probeer die frase "Aanhouer wen" in my kop oor en oor speel.
Do Kwang said…
Wat meen jy geknak? Leef jy weer in sonde?
gm said…
Is sigarette nie nou al so duur soos petrol nie? Ek hou maar eerder daardie paar rande vir 'n ander daaglikse verslawing: koffie.
dai said…
ek's af van koffie af... ek gym gereeld.. . ek eet gesond... ek klim trappe en parkeer ver weg van die mall se ingeng af. Ek probeer my bes... dis net die bliksemse sigarette....
Anonymous said…
... 6 jaar later is dit nog steeds "die bliksemse sigarette" ...