5 Dinge

Om saam te speel met die lysies wat orals op die blogosfeer te lese is, hier is 5 dinge wat ek al hierdie jaar gedoen het:

  1. Ek het ‘n nuwe kar gekoop (uiteindelik!) en in ‘n nuwe huis ingetrek met beide ‘n vuurherd en ‘n sort met warm water onder ‘n boom in my tuin.
  2. Ek het ‘n duik kursus gedoen en al twee keer saam met ‘n skool van 15 cow sharks in Simonstad geduik (sonder ‘n hok).
  3. Ek het ‘n paraglyding kursus begin (dit neem 6 maande).
  4. Ek het in ‘n Huey helikopter om die peninsula gevlieg (nee, ek het nie bestuur nie).
  5. Ek het gehelp om loopbaan voorligting vir 150 matriek studente van Mitcheal’s Plein te gee.

Comments

Adam said…
Ek sal paragliding en/of hanggliding love, maar ek is 'n effense pissie as dit by hoogtes kom...
Anonymous said…
welcome back, its been a while