Lappop


Used

Gebruik

Secondhand

Lê en wag in die pawnshop op die hoek

Applied

Opgelê

Klaar gespeel


Comments

Anonymous said…
en dan vind die duiwel die lappop en animeer dit en dit jag kinders vir ewig!
dai said…
dit laat my nou dink aan 'Happy Phantom' van Tori Amos
Lammervanger said…
Hoe gaan daai liedjie wat handel oor alles wat op die ashoop lê nou weer? 'n Lappop feature daar ook...en 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier, 'n grammofoonplaat en 'n kous sonder maat... so iets.
Anonymous said…
Iemand het 'n lappop op 'n ashoop weggegooi
Sy was gedaan en stukkend verbleek en nie meer mooi nie

op die ashoop hoor sy stemme praat
en die verwelkom haar
Maar o, ellende, toe sy kyk, wat sien die lappop daar

Koor
net 'n vrot pampoen en 'n stukkend skoen,
'n grammefoonplaat en 'n kous sonder maat,
net 'n leë bottel bier en verlepte angelier,
'n gelapte binneband en 'n ou koerant

Ag hoe droewig voel die lappop toe sy alleen daar lê
want sy weet dat niemand ooit vir haar, vir lappop weer wil hê nie
'n traan loop oor haar lappop wang want dit begin te reen
en daar le sy sy ou lappoppie op die ashoop so alleen

Koor

Ag nee wat sê die lappop, ek soek 'n ander oord
Wat sal die wêreld van my dink wat soort jy weet, soek soort
Ag wil almal wil vir lappop troos en soebat sy moet bly
hulle sê dis die mooiste ashoop die wat 'n mens nog ooit kan kry

koor

Al die goeters op die ashoop hou gou vergadering
en besluit om lappop te bekroon as die ashoop koningin
van toe af bly die lappoppie so trots tevrede daar
en al haar onderdane bedien getrou vir haar

ja .......

Koor
dai said…
dankie vir die lirieke!!!
Lammervanger said…
Wie is die wandelende kuber FAK? Indrukwekkend...
Dai said…
My Ma kan die lirieke van Lappop uit haar kop uit opsê. Wat kan jou Ma doen?
Lammervanger said…
My ma het graad 12 in musiek en maak moerse lekker boontjiebredie.